VRYSTAAT. – Twee onbekende mans is dood nadat ‘n vragmotor hulle voertuig op die N3-hoofweg getref het.
AO Mmako Mophiring sê ‘n vragmotor het omstreeks 04:30 Vrydagoggend ‘n ander vragmotor in die stadige baan op die hoofweg rigting suid verbygesteek.
Die vragmotor het ‘n swart Citroen met ‘n Gauteng-regisrasienommer wat in die middel van die pad gestaan het, getref. Die Citroen is van die pad tot in ‘n sloot aan die kant van die pad gestamp.
Twee onbekende mans het met die impak van die botsing gesterf.
‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Enigiemand wat weet waar om die oorledenes se naasbestaandes op te spoor of hulle te identifiseer, word gevra om lt.kol. Sandile Mahlalala by 082 854 7542 te bel.





