Ondersoek na bottels medisyne op ongelukstoneel waar 42 mense sterf

Lees ook :

Foto: Op lêer en SAPD

LIMPOPO. – Die polisie het ’n ondersoek begin nadat bottels wat na bewering medikasie bevat, op die busongelukstoneel op die N1 gevind is waar 42 mense Sondag naby Makhado gesterf het.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring lt.genl. Thembi Hadebe neem kennis van foto’s van die bottels, wat glo medikasie bevat. ‘n Saakdossier is vir verder ondersoek geopen. Ooreenkomstig artikel 22A van die wet op medisyne en verwante stowwe is dit ’n misdryf om sekere geskeduleerde middels sonder magtiging te besit. ’n Persoon mag slegs die hoeveelheid medikasie besit en vervoer wat deur ’n gemagtigde persoon voorgeskryf is. Die besit van groot hoeveelhede is onwettig. Die wettige eienaar van die bottels is nog nie geïdentifiseer om ’n verklaring oor die oorsprong daarvan te gee nie.

Enigiemand, insluitend die wettige eienaar van die medikasie, word versoek om die naaste polisiekantoor te kontak.

Volgens die polisiewoordvoerder, kol.Malesela Ledwaba, sal verdere besonderhede bekend gemaak word sodra meer inligting beskikbaar is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief