Ondersoek na drie vragmotors uitbrand

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Drie sake van opsetlike saakbeskadiging word in die Mopani-distrik ondersoek nadat drie vragmotors Woensdagaand omstreeks 19:00 aan die brand gesteek is.

Brig. Hlulani Mashaba sê volgens inligting het gemeenskapslede amok gemaak en na bewering die R40, asook die R71 met takke en brandende bande blokkeer. Drie boosdoeners het glo die geleentheid aangegryp om vragmotorbestuurders uit hul vragmotors gedwing. Nadat die bestuurders glo deursoek en van selfone beroof is, het die verdagtes die vragmotors aan die brand gesteek.

Skade word op ongeveer R2 miljoen geskat. Nog geen inhegtenisnemings is uitgevoer nie.

Die motief vir die insidente is tans onbekend, maar word deur die polisie ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief