Ondersoek na stiefpa glo stiefdogter (10) vir seks adverteer

Lees ook :

Fotokrediet Canva

Reacton Unit South Africa het ‘n ondersoek van die SAPD aangevra nadat ‘n stiefpa glo sy stiefdogter vir die doel van seksuele omgang, op WhatsApp aan ‘n besigheidsman van Durban, KwaZulu-Natal, probeer verkoop het.

Die sakeman het Rusa Maandag gekontak vir hulp nadat hy glo ‘n geleentheid gebied is om seksuele omgang met ‘n minderjarige meisie te hê.

Die besigheidsman wat tweedehandse goedere koop en verkoop, is op Facebook-Marketplace gekontak oor die verkoop van ‘n bed. Hy het ‘n gesprek met ‘n man op WhatsApp oor die verkoop van ‘n bed gevoer wat volgens hom onder valse voorwendsel was, want die beweerde “koper” het die gesprek gedraai en glo probeer om sy 10-jarige stiefdogter vir seksuele misdrywe te “bemark”.

Die besigheidsman moes glo hoor dat die stiefpa se vrou oorlede is en hy sedertdien na haar dogter omsien. Hy spog toe glo ook dat hy kaalfoto’s van verskeie minderjarige meisies in sy besit het, aangesien hy as ‘n professionele fotograaf van die KZN-Noordkus gehuur was om hulle af te neem.

Die “koper” het na bewering hierna die besigheidsman ingelig dat hy self seksuele omgang met sy stiefdogter het en vir hom ‘n suggestiewe foto van ‘n meisie gestuur.

Die besigheidsman het probeer om die man te oortuig om verdere besonderhede te verskaf, maar was nie suksesvol nie.

Die WhatsApp-gesprek tussen die besigheidsman en die “koper” is gister hervat, waartydens die verdagte glo voortgegaan het om sy seksuele verhouding met sy stiefdogter te beskryf.

Die besigheidsman is van mening dat hy heel moontlik gepraat het met ‘n persoon van ‘n pedofiel-ring, of -sindikaat. Rusa is in besit van die WhatsApp-gesprekke en bewysstukke. Hulle gaan die SAPD bystaan met die ondersoek na hierdie voorval.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief