Onderwyser glo met dwelms by skool gevang

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Onderwyser van Sekondêre Skool Thoko Thaba in Tokoza (Ekurhuleni) is glo op Valentynsdag met dwelmmiddels in sy besit op die skool se perseel vasgetrek.

Steve Mabona, die woordvoerder vir die departement van onderwys in die provinsie, sê LUR Matome Chiloane is bekommerd nadat ‘n boks en sak met dwelmmiddels glo by die onderwyser op die skoolperseel gevind is. Die polisie is verwittig en die onderwyser is in hegtenis geneem.

Die onderwyser het Donderdag 15 Februarie in die hof verskyn.

LUR Chiloane sê die voorval is nie betyds aan die departement oorgedra nie en dit het vandag tot ‘n protesaksie van die gemeenskap gelei.

Die onderwysdepartement het ‘n ondersoek geloods en die onderwyser is as ‘n voorsorgmaatreël van die skool verwyder.

“We are disappointed about this incident, and vehemently condemn such conduct and we will be acting against it accordingly. We also plead with the community to allow this matter to be handled by the Department and relevant law enforcement authorities for appropriate resolution,” het die LUR gesê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief