Onderwyseres kry opgeskorte vonnis omdat sy nie misdaad teen minderjarige aanmeld nie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – ‘n Onderwysers (44) is in Bloemfontein ‘n opgeskorte vonnis opgelê nadat sy versuim het om ’n ernstige misdaad teen ’n minderjarige aan te meld.

Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die saak het in Maart 2022 aan die lig gekom, toe ’n 11-jarige meisie beweer het sy is maande tevore, in Desember 2021, tydens ’n besoek aan haar oupa verkrag. Die ondersoek het gewys dat die onderwyseres, wat met die oupa getroud is, bewus was van die bewerings teen haar 15-jarige seun. Sy het egter nie die voorval by die polisie of die kind se ouers aangemeld nie en het glo eerder probeer om die situasie stil te hou. Die onderwyseres het selfs die kind na ‘n apteek geneem om ‘n “morning after”-pil te koop om swangerskap te verhoed.

Die saak teen die minderjarige seun is later teruggetrek, maar die fokus het na sy ma se optrede verskuif. AO Arlene Snyman van Parkweg-GKS en adv. Ronel Botha van die nasionale vervolgingsgesag het die saak verder opgevolg, wat uiteindelik tot die onderwyseres se inhegtenisneming gelei het. Die Bloemfontein-landdroshof het haar skuldig bevind en drie jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is, mits sy nie weer ’n soortgelyke oortreding pleeg nie.



Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief