Ongeluk by besige vierrigtingstopstraat

Lees ook :

Twee voertuie was in ’n ongeluk op die hoek van Carrington- en Synogoguestraat betrokke.

Albei drywers dring aan hulle het reg van verkeer gehad en die ander het uit sy beurt gery.

Die bestuurder van die blou Volkswagen Jetta het aan FiND iT vertel dit is familie se motor en sy het nie ’n werk nie. Sy sê sy was op pad om haar man by die hospitaal te gaan besoek.

Die bestuurder van die rooi Opel sê hy werk ook nie en kan ook nie vir skade betaal nie. Voorts sê hy hy moes uitswaai of die skade kon erger gewees het.

Niemand is beseer nie. Nooddienste was nog nie op die toneel toe FiND iT op die toneel afgekom het nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief