Ontbinde liggaam in stormwatersloot ontdek

Lees ook :

Foto: Verskaf aan Son Koerant

WES-KAAP. – Die ontbinde liggaam van ‘n onbekende man is Woensdagoggend in Durbanville in ‘n stormwatersloot ontdek. Die onaangename reuk van ontbinding het tot die ontdekking gelei.

Kapt. Frederick van Wyk sê die liggaam is omstreeks 11:50 op die hoek van Goedemoed- en Langebergstraat, Goedemoed, Durbanville ontdek.

Dit is onbekend hoe die liggaam van die man daar beland het. ‘n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van die man se dood bepaal.

‘n Geregtelike doodsondersoek wat geopen is, duur voort.

Bronne: SAPD en Die Son

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief