LIMPOPO. – Pfundzo Eddie Ramafamba (33), die verhoorafwagtende wat Dinsdagoggend uit wettige aanhouding in Thohoyandou ontsnap het, is weer veilig agter tralies.
Kol. Malesela Ledwaba sê die herinhegtenisneming is te danke aan die gemeenskap wat gewillig is om die polisie te help. Nadat inligting Woensdagoggend ontvang is, is Ramafamba in die Makonde-woonbuurt aangekeer.
Ramafamba moes in die Thohoyandou-landdroshof vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidassie verskyn. ‘n Addisionele aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding is teen hom bygevoeg.
Die ontsnapping word ondersoek.




