Oorblywende baba van saamgegroeide tweeling per lugambulans na Steve Biko

Lees ook :

Foto: Steve Biko Akademiese Hospitaal

LIMPOPO. – Die oorblywende baba van die saamgegroeide tweeling wat op 17 Maart in die Mankweng-hospitaal geskei is, is na Steve Biko-hospitaal in Gauteng oorgeplaas vir verdere behandeling. Dit volg nadat die ander baba verlede week oorlede is.

Ndavhe Ramakuela, woordvoerder van Phophi Ramathuba, premier van Limpopo, sê die besluit is ná ’n vergadering van ’n multidissiplinêre mediese span, in oorleg met Ramathuba en Aaron Motsoaledi, die gesondheidsminister, geneem. Die baba is Saterdag per lugambulans na Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria oorgeplaas vir voortgesette gespesialiseerde sorg.

Nadat die tweeling op 28 Januarie gebore is en suksesvol by Mankweng-hospitaal deur ‘n span onder leiding prof. Nyaweleni Tshifularo van mekaar geskei is, het albei babas ernstige infeksies ontwikkel. Ten spyte van intensiewe behandeling het een van die babas aan veelvuldige orgaanversaking beswyk. Oorplasing van die oorblywende baba is gedoen om verdere sorg in ’n ander omgewing te verseker.

Die provinsiale regering het sy medelye met die familie uitgespreek en gesê hulle bly in noue kontak met dokters en die ouers. Die publiek en media is gevra om die familie se privaatheid in hierdie moeilike tyd te respekteer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief