Opinies sal altyd verskil

Lees ook :

Ek was nog altyd lief om na ‘n lekker debat te luister. Hetsy dit nou oor die geloof, politiek of sport gaan, daar is altyd twee opponerende magte wat elk sy opponent van sy siening wil oortuig.

LEES MEER: Wat doen lees aan my brein?

Of ek nou saam met jou punt stem of nie, is daar wel twee dinge van enige debatteerder wat ek waardeer. Dis die dapperheid om op te staan vir dit wat jy glo die waarheid is, en ‘n gewilligheid om iemand anders se kant te hoor, al stem jy nie saam nie. Ek sê nie hierdie gesindhede is altyd betrokke nie, maar wanneer dit is, dan waardeer ek dit baie.

Jy sal nêrens in die wêreld twee mense vind wat 100% dieselfde glo nie. Mans en vrouens kan al 60 jaar gelukkig getroud wees, en hulle sal nog steeds van tyd tot tyd op sekere punte verskil. En is dit nie die wonderlike ding van die mens nie? Hoe vervelig sou die lewe wees as almal net dieselfde gedink het?

Ek raai jou aan dat wanneer jy ‘n meningsverskil met iemand het, jy wel in gedagte sal hou dat nie jy óf die ander persoon se wysheid volmaak is nie. Beide het die vermoë om iets by die ander te leer, klein of groot. Dis hoe ons gedruk word om buite ons gemaksones te dink, en ons sieninge oor die lewe te kan verbreed.

Maar die oomblik as jy aanstoot aan die persoon neem en toelaat dat jou emosies beheer neem, mis jy daai dag dalk die geleentheid om iets te leer en jou horison te verbreed. Onthou, jy het een mond en twee ore, so jy kan nie net praat nie, jy moet luister ook!  

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief