Pa en jeugpastoor oortuig Charlie Kirk-moordverdagte om hom aan polisie oor te gee

Lees ook :

Charlie Kirk-moordverdagte het hom aan polisie oorhandig nadat hy moord aan pa gebieg het fotokrediet: X

VSA. – Tyler Robinson (22), die verdagte in die moord op Charlie Kirk, is deur sy pa en ‘n jeugpastoor oortuig om hom aan die polisie oor te gee nadat hy by sy pa oor die moord gebieg het.

Lees ook: Kirk-moordverdagte in hegtenis

Ondersoekers het gesê Robinson het aan sy pa gebieg dat hy die moordenaar is en het gesê hy sal eerder selfdood pleeg as om homself aan die polisie oor te gee. Die pa het ‘n jeugpastoor geskakel, wat ‘n familievriend is, en hulle het Robinson kalmeer en oortuig om homself aan die polisie te oorhandig. Die jeugpastoor het die owerhede geskakel wat Robinson in hegtenis geneem het.

Utah se goewerneur, Spencer Cox, het gesê CCTV-beeldmateriaal wys dat Robinson vier uur voor die skietery by die Utah Valley-universiteitskampus aangekom het. Volgens Cox het ‘n kamermaat van Robinson op boodskappe gewys op Discord, ‘n kommunikasie-app, van ‘n “Tyler” wat praat van ‘n vuurwapen wat in ‘n bos, in ‘n handdoek toegedraai, gelos moet word.

Die wapen is deur die FBI in ‘n beboste gebied in ‘n handdoek toegedraai naby die kampus gevind. Cox het gesê patrone met ingegraveerde “boodskappe” is saam met die vuurwapen gevind. Hey Facist! Catch! en O Bella ciao, Bella ciao is van die inskrywings wat op die patrone gevind is.

Cox het gesê hy is nie bewus van nog moontlike inhegtenisnemings in die saak nie. Robinson, ‘n Mormoon, sal Dinsdag aangekla word. Sy ma is ‘n maatskaplike werker en sy pa besit ‘n besigheid wat kaste inbou.

Donald Trump het Robinson se familie geprys vir hulle rol in die saak en het gesê hy “hoop die moordenaar kry die doodstraf”.

Bronne: BBC, ABC News, The Economic Times

Lees ook: Kirk-moordverdagte in hegtenis

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief