Pa kry 3 keer lewenslank vir verkragting van 3 minderjarige dogters

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – ‘n Man (42) is tot drie keer lewenslange tronkstraf en 15 jaar addisionele direkte tronkstraf deur die Worcester-streekhof gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkagting van sy eie dogter en twee stiefdogters. Die beskuldigde se naam word weerhou om die slagoffers nie aan sekondêre viktimisasie bloot te stel nie.

Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder, sê die staat het die pa van poging tot verkragting, drie gevalle van verkragting en een geval van seksuele aanranding aangekla. Sy een stiefdogter was in die eerste twee voorvalle sy slagoffer, terwyl sy onderskeidelik 10 en 15 jaar oud was. Die derde en vierde voorvalle betrek sy biologiese dogter, wat 10 en 11 jaar oud tydens die oortredings was. In die vyfde voorval is die tweede stiefdogter, wat 14 jaar oud was, betrek.

Die beskuldigde het onskuldig gepleit op al die aanklagte en getuig dat hy die misdade nie kon gepleeg het nie, aangesien hy nie by die slagoffers gewoon het nie en min tot geen kontak met hulle gehad het. Cornelius Prinsloo, die waarnemende streekshofprokureur, het egter die teendeel bewys. Dit het tot die beskuldigde se skuldigbevinding gelei.

Die hof het die beskuldigde 10 jaar direkte gevangenisstraf opgelê vir poging tot verkragting, lewenslange gevangenisstraf vir elk van die drie gevalle van verkragting en vyf jaar direkte gevangenisstraf vir seksuele aanranding. Daar is beveel dat die strawwe gelyktydig uitgedien moet word, wat effektief op lewenslange gevangenisstraf neerkom. Die hof het ook verklaar dat hy ongeskik is om ’n vuurwapen te besit en dat sy naam in die nasionale register van seksoortreders aangebring moet word.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief