Pa kry borg nadat seun glo plaaswerker doodskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Pa (43) is op borgtog van R3 000 deur die Thabazimbi-landdroshof vrygelaat, nadat sy 11-jarige seun glo Saterdag per ongeluk ‘n werker op ‘n plaas doodgeskiet het.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die pa is vir die nalatige hantering van ‘n vuuwapen in hegtenis geneem en aangekla. Borgtog is aan hom toegestaan en die saak is vir verdere ondersoek tot 12 Desember uitgestel.

Die seun sal intussen ingevolge die bepalings van die Kinderregtewet ‘n asseseringsproses ondergaan.

Die identiteit van die vader word weerhou om die minderjarige se identiteit te beskerm.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief