NOORD-KAAP. – ‘n Pa (40) is vir 25 jaar deur die Galeshewe-streekshof tronk toe gestuur vir die verkragting van sy dogter (6).
Sers. Molefi Shemane sê die meisie het haar grootouers op 29 April 2017 in Promisded Land in Kagisho besoek waar sy in hulle kamer geslaap het. Sy het in die nag wakker geword toe sy opgetel, op die vloer gesit en verkrag is.
Die meisie was eers te bang om aan haar ma te vertel wat gebeur het en dit was eers later toe sy pyn ervaar het wat sy haar ma in haar vertroue geneem het. ‘n Saak van verkragting is oopgemaak wat deur ‘n mediese ondersoek bevestig is. Die verdagte het gevlug, waarna ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is.
Op 7 Oktober 2019 het die polise inligting van die verdagte opgevolg en hom in hegtenis geneem. Borg is hom geweier en hy het in aanhouding gebly totdat hy skuldig bevind en gevonnis is.
Speur.AO Boats Botha en staatsaanklaer Mosetlho van die NVG is vir die suksesvolle afhandeling van die sasak geprys.
Die pa is verder onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam word in die nasionale register vir seksuele oortreders aangebring.