Pa wat seun (7) verkrag vir 18 j. tronk toe

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Pa (32) wat sy seun verkrag het, is deur die hof tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

Kapt. Loraine Earle sê die seun het op 17 September 2023 omstreeks 22:00 aan sy ma vertel en gedemonstreer hoe sy pa hom seermaak. Die ma het haar seun vir ‘n mediese ondersoek geneem en verkragting is bevestig.

‘n Saak is deur Bloemspruit-polisie oopgemaak en is deur sers. Evodia Maseko van die Mangaung-GKS ondersoek. Maseko het met adv. Louis York van die NVG gekonsulteer, waarna die verdagte in hegtenis geneem is.

Die vonnis van 18 jaar vir die verkragter is met die samewerking van die polisie en NVG verseker.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief