MPUMALANGA. – Die N4-tolpad by Mjejana in die rigting van Komatipoort moes Vrydagmiddag gesluit word na ‘n kind ernstige beserings in ‘n ongeluk opgedoen het.
Moeti Mmusi, die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê ‘n helikopter is ontbied, maar weens ernstige beserings moes paramedici die kind eers stabiliseer voor na ‘n nabygeleë hospitaal gevlieg kon word.
Verkeer het opgehoop en daar is gevra motoriste moet versigtig wees en waar moontlik alternatiewe roetes gebruik.
Wetstoepassers en alle rolspelers was op die toneel.





