Brekende Nuus
Nuus

Man skuldig bevind oor Palisades-brand waarin 12 mense dood is

30 000 mense ontruim in Los Angeles oor brande

fotokrediet: Canva
30 000 mense ontruim in Los Angeles oor brande fotokrediet: Canva

VSA. – ’n Federale jurie in Los Angeles het Jonathan Rinderknecht (30) Vrydag skuldig bevind op twee aanklagte wat verband hou met die brand wat hy op 1 Januarie 2025 gestig het en wat ses dae later as die verwoestende Palisades-brand opgevlam het. Twaalf mense is dood en 6 837 geboue en ander strukture is vernietig.

Todd Blanche, die Amerikaanse prokureur-generaal, sê duisende mense het hul huise in die brand verloor. Volgens die departement van justisie het brandbestryders die aanvanklike brand vinnig onder beheer gebring, maar dit het ondergronds tussen plante se wortels bly smeul. Sterk wind het die vlamme op 7 Januarie weer laat opvlam. Rinderknecht se vonnisoplegging is vir 17 Maart 2027 geskeduleer. Tussen vyf en 40 jaar tronkstraf staar hom in die gesig.

Druk hier om die verklaring van die Amerikaanse departement van justisie te lees.