Paramedici ‘tydens vals noodgeval beroof’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Ambulans van Sekhukhune-distrik is na bewering Woensdagoggend vroeg na wat blyk ‘n vals noodoproep te wees in Dennilton ontbied. Tydens die vals noodgeval is die paramedici in die ambulans glo van hulle besittings beroof.

Volgens kol. Malesela Ledwaba het die ambulans omstreeks 01:00 na die noodgeval gehaas. By die adres waarheen hulle gestuur is, het twee mans in die ambulans geklim om hulle glo na die toneel te neem.

Ledwaba sê toe die ambulans met sy personeel op die aangewysde plek aankom, het die mans skielik ‘n vuurwapen te voorskyn gebring. Nog twee verdagtes het glo skielik opgedaag. Die personeel is na bewering in die agterkant van die ambulans ingedwing waarna daar na ‘n onbekende plek gery is. Hier is hulle glo van selfone, juwele en kontant beroof. Een is glo ook gedwing om geld deur ‘n selfoonbanktoepassing oor te plaas. Die verdagtes het daarna glo gevlug.

Die ambulanspersoneel het ‘n saak van gewapende roof by die plaaslike polisiestasie oopgemaak.

Maj.genl. Jan Scheepers het die daad veroordeel en ‘n span ondersoekers beveel om na die skuldiges te soek.

“We strongly condemn this incident and a team of dedicated investigators are already on the ground to trace and arrest the suspects involved in this senseless attack. We appeal to the community to come forward with information that can assist police in their investigation,” het Scheepers gesê.

Enigiemand met inligting kan kapt. Simon Nkadimeng by 082 303 9907 bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief