GAUTENG. – Die departement van gesondheid het bevestig al die pasiënte wat weens ‘n brand by die Steve Biko Akademiese Hospitaal (SBAH) uit intensiewe sorg ontruim moes word, is terug in hulle onderskeie sale.
Die departement het Maandag in ‘n verklaring gesê 21 pasiënte van die hospitaal, van wie 20 volwassenes en een pediatriese pasiënt, is Saterdag as voorsorgmaatreël na ander sale geneem. ‘n Brand het ontstaan wat ‘n deel van die hospitaal met digte rook gevul het.
Die pasiënte is reeds Sondagmiddag na die intensiewesorgeenhede teruggeneem.
Die intensiewesorgeenhede se lug is vry van gevaarlike gasse verklaar, die rookreuk geneutraliseer en die eenhede ook deeglik skoongemaak.






