‘Paspoortsindikaat’ in hof wat glo ID-inligting vir paspoorte van buitelanders gebruik

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Sewe verdagtes het Dinsdag in verband met hulle beweerde betrokkenheid by ‘n paspoortsindikaat in die Durban- gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn. Die bedrieglike paspoortaansoeke is glo vir buitelandse burgers wat nie vir SA-paspoorte in aanmerking kom nie verwerk, deur van die besonderhede van SA-burgers wat wel wettige identiteitsdokumente het, maar nie paspoorte nie, se inligting gebruik te maak.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder vir die NVG, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits Mmeli Philani Trevor Zaca (Dlamini), Thandiwe Pretty Khwela, Zime Anita Shange, Fumani Hlayisi, Bongiwe Kubheka, Lindokuhle Bongumusa Mpanza en Lungisani Siyanda Mzobe word deur aanklagte van bedrog, sowel as oortredings van die Wet op Identifikasie, 68 van 1997, verskeie oortredings van die Immigrasiewet, 13 van 2002 (soos gewysig) en korrupsie vir die aanvaarding van omkoopgeld in die gesig gestaar. Die staat voer aan dat sekere amptenare of werknemers van die departement van binnelandse sake (DBS) saam met lede van die sindikaat gewerk het om bedrieglike paspoortaansoeke by verskeie DBS-kantore in KwaZulu-Natal te verwerk. Hierdie aansoeke is glo ná ure, gedurende die nag, oor naweke en op openbare vakansiedae verwerk toe die kantore gesluit was.

Ramkisson-Kara sê die saak is vir regsverteenwoordiging en ‘n borgtogaansoek tot 20 Junie uitgestel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief