KALIFORNIë, VSA. – Ailahni Sanchez Martinez (2) het Saterdagmiddag 16 Maart aan haar beserings as gevolg van ‘n fratsongeluk gesterf, nadat ‘n kleuter (3) agter die stuurwiel van ‘n bakkie ingeklim en sy gestamp is.
Volgens beriggewing het die peuter se ouers ‘n taco-stalletjie aan die kant van ‘n vulstasie in Woodland opgeslaan toe tragedie tref.
Volgens sers. Towle, woordvoerder vir Woodland-polisie, het die ongeluk omstreeks 15:45 gebeur, waarna die polisie ontbied is. Die beseerde kind was reeds deur haar familie hospitaal toe geneem waar sy aan haar beserings gesterf het.
Die pa van die kleuter het sy bakkie laat luier terwyl hy in die winkel by die vulstasie was. Sy kleuterseun het intussen uit sy karstoeltjie geklim en agter die stuur ingeklim, waarna die voertuig agteruit beweeg het en die peuter getref het.
Sandro Martinez, die peutermeisie se pa, het die bakkie sien beweeg, maar kon nie betyds by sy dogter uitkom nie.
Bronne: NBC News, KCRA of Sacramento, Washington Times, New York Times en The Mirror





