Polisie bekommerd oor foto’s van grusame honde-aanval op sosiale media

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Meisie (10) is Dinsdag omstreeks 18:00 in Phutanestraat in Galeshewe, Kimberley, deur ‘n pitbull aangeval. Die polisie is bekommerd oor grusame foto’s van die insident op sosiale media.

Lt.kol. Sergio Kock sê kinders het in die straat gespeel toe die aanal plaasvind. Die meisie het erge beserings aan haar kop en gesig opgedoen en is is vir mediese behandeling in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem. Kock bevestig die polisie ondersoek ‘n saak teen die eienaar van die hond vir die nalatige versuim om te verhoed dat ‘n dier ‘n ander persoon beseer.

Die DBV het die hond die volgende dag van die eienaar se perseel verwyder.

Kock sê voorts die wysigingswet op diereaangeleenthede bepaal dat enige persoon, wie se dier as gevolg van nalatigheid ‘n ander persoon beseer, skuldig is aan ‘n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar is met ‘n boete of gevangenisstraf vir ‘n tydperk van hoogstens twee jaar. Die slagoffer en of ouers of voogde kan ook ‘n siviele eis vir skadevergoeding, besering, trauma, mediese kostes en toekomstige mediese kostes instel.

Die polisie versoek die gemeenskap om hulle daarvan te weerhou om eksplisiete en grufoto’s van slagoffers, veral minderjariges, op sosiale media te deel.

Enigeen met relevante inligting word gevra om die Galeshewe-speurtak by 082 495 5420 te bel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief