Polisie jag verdagtes van plaasaanval

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Boer (79), sy meisie (46) en ‘n werker (32), is Dinsdag, omstreeks 10:30 op ‘n plaas in Somerset-Oos aangeval en met wapens beroof.

Kol. Priscilla Naidu sê die boer was besig om volstruise voor sy huis te voer toe een van sy werkers glo met drie verdagtes wat hom met ‘n wapen dreig by hom aangekom het. Hulle is na bewering die huis inforseer en hulle hande en voete vasgebind. Die boer se meisie is forseer om die kluis oop te sluit waaruit ‘n jaggeweer, .38-rewolwer en geld gesteel is. Hierna het die verdagtes met twee televisiestelle en twee selfone in die boer se Isuzu-dubbelkajuitbakkie gevlug.

Die bakkie en verdagtes word steeds gesoek.

Naidu sê Gqeberha se provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade ondersoek ‘n saak van huisroof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief