Polisie ondersoek insident van olifant wat oupa voor kleinkinders vertrap

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Malelane-polisie ondesoek die insident waarin Shaik Adam Shabir Ammed (59) Saterdag deur ‘n olifant by die Malelane-hek in die Kruger Nasionale Park doodgetrap is toe hy sy kleinkinders teen ‘n aanstormende olifant wou beskerm.

Lt. kol. Jabu Ndubane sê die oorledene se kleinkinders van 5 en 11 jaar oud, het foto’s en video’s van die olifant in die park, naby die hek geneem. Die oudste kind het die jonger een gegryp en na hulle oupa gehardloop toe die olifant op hulle afstorm. Ammed, wat ook gesien het die olifant storm op die kinders af, het na hulle toe gehardloop. Die seun het met sy jonger sussie geval, waarna die olifant hom met sy slurp op sy bene aangeval het. Met dié wat Ammed wou help, het die olifant hom vertrap en daarna in die bosse van die park verdwyn.

Met aankoms van die polisie en nooddienste was Ammed reeds oorlede. Die seun het beserings aan sy been opgedoen, maar die dogter was ongeskonde.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen. Ammed is Sondag, volgens sy geloof, begrawe.

Lees ook meer oor die insident hier:

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief