MPUMALANGA. – Mbuzini-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer nadat ‘n menslike skedel Dinsdag langs die begraafplaas en spoorlyn gevind is.
Kol. Donald Mdhluli sê polisielede is deur die gemeenskap van die menslike skedel ingelig wat by Hhoyi Trust langs Mbuzini lê.
Met aankoms op die toneel is die skedel op die grond gevind. Alle rolspelers was teenwoordig, waarna ‘n geregtelike doodsondersoek gopen is.
Mdhluli sê die polisie werk hard om die oorledene te identifiseer.
Enigiemand met inligting word versoek om die polisie te bel of die naaste polisiestasie te besoek.
Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





