WES-KAAP. – Die lekkergoed wat kinders en ‘n ouma in Denneboomstraat in die Paarl siek gemaak het, het glo dagga bevat en geen arrestasie is gemaak nie.
Kapt. Frederick van Wyk bevestig die Paarl-polisie was na ‘n klagte oor moontlike vergiftiging op ‘n plaas in die Drakenstein-omgewing uitgeroep. Met aankoms op die toneel is vasgestel twee minderjarige kinders en ‘n bejaarde vrou het die daggalekkers wat in een van die huise op die plaas gevind is, geëet.
Die slagoffers is vir behandeling na ‘n plaaslike hospitaal geneem. Geen arrestasies is gemaak nie.
Nuusflits het berig vrywilligers van DFW Fire and Rescue was omtrent dadelik op die toneel om hulp hulp aan te bied. Lees hier onder verder.