Polisie sê oor klopjag op burgemeesterskomiteelede se kantore

Lees ook :

Foto's: Facebook

WES-KAAP. – Die polisie bevestig kommersiële misdaadondersoekers het Vrydagoggend ‘n ondersoek op munisipale kantore van burgemeesterskomiteelede JP Smith en Xanthea Limberg in Kaapstad gedoen.

Kol. Andrè Traut sê aan Nuusflits verdere ondersoek aangaande tenderbedrog in die konstruksiesektor in die Kaapstadse munisipaliteit het provinsiale kommersiële misdaadondersoekers genoop om by die munisipale kantore ondersoek in te stel. Dit vorm deel van ‘n forensiese ondersoek in ‘n saak wat tans in die hof voorkom.

“Verskeie munisipale amptenare en sake-eienaars staan ​​tereg op ‘n magdom aanklagte wat met dieselfde ondersoek verband hou.”

Traut sê voorts of die ondersoek tot arrestasies sal lei, moet nog gesien word, want daar is nog geen arrestasies uitgevoer nie.

“Die span vra ruimte om sy ondersoek te doen. Bespiegeling oor op wie die ondersoek gerig is, beslaglegging op items en moontlike arrestasies sal in hierdie stadium voortydig wees. Dit sal buite die norm wees vir SAPD-ondersoekers om relevante besonderhede van hul ondersoeke te bespreek. Tans is die fokus daarop om ‘n sterk saak in die hof te stel.”

Lees meer oor die aangeleentheid hier onder:



Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief