Polisie vra hulp om gesoekte verdagtes op te spoor

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – Thembelani Gqum en Ayazolo Fulu word deur speurders van die eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad gesoek. Hulle word vermoedelik aan vyf moorde en vier pogings tot moord wat op 26 Maart 2023 in Cosastraat in Khayelitsha gepleeg is, gekoppel.

Anelisiwe Manyana, polisiewoordvoerder, sê die publiek se hulp word gevra om hulle op te spoor. Die hof het lasbriewe vir die inhegtenisneming vir die twee verdagtes uitgereik.

Speurders werk onverpoos om hulle vas te trek.

Enigiemand met inligting oor waar die verdagtes hulle bevind, word gevra om 071 673 1743 of 082 850 9725 te bel. Inligting sal vertroulik hanteer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief