OOS-KAAP. – Naledi Mohlabola (23 mnde.) het Dinsdag 19 November uit haar erf by haar huis in Mokhesi buite Sterkspruit vermis geraak.
Kapt. Ursula Roelofse sê die Sterkspruit-polisie, sowel as Aliwal Noord-GKS, vra hulp van die publiek om die kleutermeisie op te spoor. ‘n Soektog was tot dusver onsukesvol.
Met haar verdwyning was die kleuter soos op die foto, in ‘n wit T-hemp en geel kortbroek, geklee.
Enigiemand met relevante inligting kan konst. Vathiswa Rapuleng by 071 609 4113 bel en kan anoniem bly.





