Brekende Nuus
Afrikaans

Polisie vra hulp om vermiste tiener op te spoor

Die polisie in die Noord-Kaap versoek hulp om die vermiste tiener op te spoor.

Ruwaiden Whitlow
Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Ruwaiden Whitlow (16) van Buffelsrivier naby Kommagas is sedert Maandag 18 September 2023 vermis.

Lt.kol. Sergio Kock sê die polisie se GKS-eenheid op Springbok vra die gemeenskap se hulp om die verstandelik gestremde seun op te spoor.

Hy was op ‘n plaas naby Kommagas gesien, maar het weggehardloop toe die polisie ontbied is.

Whitlow was in ‘n wit baadjie, blou sweetpakbroek en plakkies geklee.

Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan kapt. Love by 082 874 4532 bel.

Bron: SAPD