Polisiebeampte skiet glo 3 dood en toe homself

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – ’n 47-jarige polisiebeampte het glo vanoggend vroeg vyf mense geskiet. Drie mense is dood en twee beseer voordat die lid homself na bewering geskiet het.

Brig. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die voorval is ’n ontstellende en sinnelose tragedie en het medelye met die families van die slagoffers uitgespreek. Sy het beklemtoon dat daar geen regverdiging vir sulke optrede is nie en dat die SAPD verbind bly tot professionele en verantwoordbare dienslewering.

Volgens voorlopige inligting het die lid, wat die koördineerder van landelike gebied by Henneman-polisiekantoor is, Saterdagmiddag vir diens aangemeld en in die vroeë oggendure na Whittes Plot naby Henneman gery op soek na sy vriendin. Nadat hy haar nie daar gevind het nie, is hy saam met ’n familielid na ’n ander plek waar ’n byeenkoms met familielede gehou is. Hy is glo meegedeel dat sy vriendin nie daar was nie, waartydens ‘n argument ontstaan het en hy na bewering begin skiet het. Drie slagoffers, waaronder sy vriendin se ma en oom, is op die toneel dood verklaar. Twee ander is gewond, met een wat hospitaal toe geneem is vir behandeling. Die lid is glo daarna na die voertuig waar hy homself geskiet het.

Die motief vir die voorval is nog onbekend en word ondersoek. Sake van moord, poging tot moord en ’n geregtelike doodsondersoek is oopgemaak en word deur Opod ondersoek. Verdere inligting sal bekend gemaak word soos die ondersoek vorder.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief