VRYSTAAT. – Konst’. Sipho Mohapi en konst. Gedione Motloung van Namahadi sigbare polisiëring is op 4 Januarie, tydens die ondersoek van ‘n huisroofklagte, doodgeskiet. ‘n Lesotho-burger is op aanklag van die moorde gearresteer.
Kol. Katlego Mogale van die Valke sê nadat die polisiebeamptes in Phuhaditjhaba doodgeskiet is, is die verdagte, wat onwettig in die land is, Woensdag in dieselfde gebied opgespoor en gearresteer. Die verdagte is naby Monontsha-grenspos, waar hy te perd na Lesotho probeer vlug het, aangekeer. ‘n Selfoon wat vermoedelik tydens die huisroof gesteel is en die vuurwapen wat moontlik gebruik is om die misdaad te pleeg, is in sy besit gevind.
Hy sal Vrydag op aanklagte van moord, poging tot moord en roof in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn.
Die ondersoek gaan voort om twee verdagtes op te spoor. Enigiemand met relevante inligting kan speur. kapt. Michael Masekoa by 082 455 6063 bel.