NOORDWES. – Konst. Mogoro Clement Makola (31) is Maandagaand in Lekgalong-woonbuurt, naby Marikana, buite Rustenburg, geskiet, waarna hy oorlede is.
Brig. Sabata Mokgwabone sê Makola was van diens af en het uit ‘n winkel gekom toe hy deur drie onbekende mans genader is. Hy is glo met ‘n vuurwapen gedreig en geld is geeïs. Makola het glo probeer om die verdagte te ontwapen en is verskeie kere in die bolyf geskiet. Die verdagtes het te voet gevlug. Makola se vrou het hom na Kanana-kliniek geneem waar hy met aankoms dood verklaar is.
‘n Soektog na die verdagtes is geloods. Die polisie vra enigiemand met inligting om kapt. Thuso Tlou van Marikana-speurtak by 082 772 7810 te bel.





