Polisiekonstabel vir ‘besit van nyaope en ‘n gesteelde voertuig’ gearresteer

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Konstabel (44) verbonde aan die Silverton-speurtak in Pretoria, is Woensdagmiddag in Limpopo op aanklagte van dwelmhandel en die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig in hegtenis geneem.

Brig. Hlulani Mashaba sê die konstabel is tydens ‘n intelligensiegedrewe operasie met ‘n Nissan NP200 op die N1-hoofweg suid, buite Polokwane, naby die Shell Ultra City, onderskep. Die provinsiale teen-smokkeleenheid en Tshimollo-veiligheidsmaatskappy was deel van die operasie. Altesaam 2 095 pakkies nyaope, met ‘n geskatte waarde van R85 000, is glo in die konstabel se besit in die vermoedelik gesteelde bakkie met Gauteng-registrasieplate, wat deur hom bestuur is, gekry.

Tydens die arrestasie is daar op die konstabel se dienspistool beslag gelê. Hy word by Westernburg-polisiestasie aangehou en sal vandag (Donderdag) op aanklagte van dwelmhandel en die besit van ‘n vermoedelik gesteelde motorvoertuig in die Polokwane-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief