KWAZULU-NATAL. – Twee polisielede is van verkiesingsdienste onttrek en is aan ‘n dissiplinêre verhoor onderworpe. Nog ‘n polisielid het ‘n ander met staatsvervoer by ‘n stemstasie gehaal en dié het klere van ‘n politieke party aangehad.
Kol. Robert Netshiunda sê die polisie se gedragskode is oortree en die beeld van die polisie is oneer aangedoen. Die staatsvoertuig in die video is van die Sundumbili-polisiestasie. Die polisielid wat gehaal was, was nie aan diens nie.
Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die provinsiale kommissaris, het beveel dat die lede dadelik van verkiesingsdienste onttrek moet word. Hy sê polisielede moet ten alle tye professioneel optree en die eed respekteer wat hulle geneem het toe hulle vrywilliglik by die polisie aangesluit het.
“In more than one occassion I reiterated to the members of the South African Police Service here in KwaZulu-Natal that they should be apolitical and leave politics to politicians. I emphasized the fact that police officers must never campaign or be seen to be campaigning for any political party. What these police officers did is totally unacceptable and such behavior undermines the hard work that the police have been doing to create a safe and secure environment for the 2024 National and Provincial Elections. The two members will be subjected to internal disciplinary steps proportional to their unbecoming behaviour.”
Netshiunda sê niemand is verhewe bo die wet nie en polisiebeamptes wat hulle aan die verkeerde kant van die wet bevind, sal verantwoording vir hulle optrede doen. Daarvoor versoek hy die gemeenskap om oortredings van polisielede aan te meld.
Polisielede word herinner om alle politieke partye gelyk en met respek te hanteer.





