Polisievroue op borg vrygelaat

Lees ook :

Foto: Skermskoot van video

VRYSTAAT. – Molebogeng Lucia Marumo (38) en Mamorena Suzen Shuping (38), polisievroue wat die range van konstabel en sersant by Heidedal-polisiestasie beklee, is elkeen op R1 000 borg vrygelaat.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG, sê die polisievroue het op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die Bloemfontein-distrikshof verskyn. Hulle het glo op 19 Januarie ‘n vrou (40) wat na bewering ‘n dispuut met hulle gehad het by die Heidedal-polisiestasie aangerand. Die slagoffer is na die polisiestasie om hulp te kry vir haar kêrel wat glo ‘n beskermingsbevel oortree het. Na ‘n Opod-ondersoek is beide die polisievrouens gearresteer.

Die saak is tot 7 Maart vir verdere ondersoek en ‘n besluit deur die direkteur van openbare vervolging, uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief