Privaatvervolgingseenheid wil weet waarom kinderverkragters nie in aanhouding is nie

Lees ook :

Foto's: Afriforum Privaatvervolgingseenheid

GAUTENG. – Die tweelingbroers Morné en Marinus Kemp is in Oktober 2022 aan verkragting van ‘n meisie (14) skuldig bevind. ‘n Aansoek tot appèl op die skuldigbevinding is op 30 Oktober deur die Pretoria-hooggeregshof van die hand gewys.

Barry Bateman sê AfriForum se privaatvervolgingseenheid wil van die NVG weet waarom die veroordeelde kinderverkragters steeds nie gearresteer is nie. Morné is tot 25 jaar en Marinus tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die tweeling se borg is na die appèl afgewys is, teruggetrek en hulle is beveel om aan te meld om hulle vonisse uit te dien. Dit is tot op hede nie uitgevoer nie. Die twee is steeds op vrye voet en hulle verontagsaam dus tans ‘n hofbevel.

Die privaatvervolgingseenheid verteenwoordig die slagoffer en haar ma wat bekommerd is, aangesien die tweeling in hulle omgewing woon: “Hulle moet tronk toe gaan. My dogter is soos ’n gevangene in haar eie huis.”

Lees die volledige verklaring van AfriForum se privaatvervolgingseenheid hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief