Protesaksie weens watertekort

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORDWES. – Protesteerders het Woensdag die R503-Lichtenburgpad, die R5030-Hartbeesfontein-kruisings en die N14 in Coligny en buite Lichtenburg, weens ‘n tekort aan water in die gebied, geblokkeer.

Brig. Sabata Mokgwabone sê die polisie is bekommerd oor die protesaksie en waarsku dit is onaanvaarbaar en teen die wet om paaie te blokkeer. Hy het voorts gesê volgens wet mag ander persone nie deur ‘n rustige protesaksie van hulle regte ontneem word nie en het gewaarsku daar sal teen oortreders opgetree word.

Motoriste wat van Ventersdorp na Coligny en Lichtenburg op reis was, moes herlei word. Diegene wat van Hartbeesfontein na Coligny en Lichtenburg gereis het, is gevra om geduld te gebruik.

“Diegene wat betoog kan nie toegelaat word om die wet te oortree nie, ongeag hoe wettig hul bekommernisse of eise is.”

Die paaie was weer teen 16:00 oop vir verkeer.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief