Brekende Nuus
Afrikaans

R500 000 beloning vir suksesvolle afhandeling van moordsaak

Foto: Facebook
Foto: Facebook

LIMPOPO. – Atarah Katzeff (22) is op Sondag 28 Julie 2024 by Warriors Academy in Magoebaskloof vermoor gevind.

Tot dusver is geen arrestasies in die moordsaak gemaak nie. Speurders van die polisie se eenheid vir ernstige en geweldsmisdade doen ’n beroep op die publiek vir hulp in die voortgesette ondersoek.

Lt.kol. Stephen Thakeng sê: “’n Aansienlike beloning word aangebied aan enigiemand wat met inligting kan help wat tot die suksesvolle arrestasie en skuldigbevinding van die oortreders kan lei.”

Enigiemand met relevante inligting kan speur.kapt. Jabu Kubayi by 072 905 5678 bel.

Volgens Tzaneen Voice het die jong vrou in haar sabbatsjaar by Warriors Academy betrokke geraak. Toe haar liggaam ontdek is, is vuilspel aanvanklik nie vermoed nie, maar wurgmerke aan haar nek het die saak na moord verander. Sy is by die Joodse begraafplaas in Pinelands in die Kaap ter ruste gelê.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]