R8,1 m. belê in meganiese filtrasieskerms by Kaapstad se rioolpompstasies

Lees ook :

R8,1 m. belê in meganiese filtrasieskerms by rioolpompstasies in Kaapstad. Foto's: Stad Kaapstad

KAAPSTAD, WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad se direktoraat vir water en sanitasie gaan voort om hulle rioolpompstasie-infrastruktuur te verbeter. Robuuste meganiese filtrasieskerms is onlangs by die Raapenberg-, Lourensrivier- Retreat Main- en Mullerstraat-rioolpompstasies geïnstalleer om te keer dat groot items die afvalwaterstelsel binnedring.

Hierdie inisiatief se doel is om die risiko van oorloop en skade aan die pompstasies te verminder.

Tot op hede is tien van Kaapstad se pompstasies met die spesiale filtrasieskerms toegerus. Die kostes het R8,1 m. beloop. Dit het ongeveer twee jaar geduur.

Installasies by die pompstasies word geprioritiseer op grond van pompblokkasies, bestaande infrastruktuur en beskikbare grond.

Wanneer pompstasies nie optimaal funksioneer nie, veroorsaak dit ’n oormatige lading op die rioolnetwerk wat oorlope by mangate tot gevolg het. Dit veroorsaak geweldige gesondheidsrisiko’s vir mense en die omgewing.

Zahid Badroodien, stadsraadlid van die water-en-sanitasiekomitee sê inwoners moet daarteen waak om wet wipes, sanitêre doekies, babadoeke en klere in toilette af te spoel.

Die span van die water-en-sanitasienetwerk is tevrede met die skerms wat onlangs by die Raapenberg-depot geïnstalleer is. Abongile Duna, Craig Muller (in die swart baadjie), Johnathan Phillips, Mzikayise Dyoyi and Derrick Edwards. Foto: City of Cape Town

Bron: City of Cape Town

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief