Raadslid doogeskiet en vrou aangerand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Raadslid (35) is Dinsdagaand in die Nkomazi-area twee keer deur rowers geskiet, waarna sy vrou aangerand is. Hy het in ‘n hospitaal aan sy beserings gesterf.

Kol. Donald Mdhluli sê vier verdagtes met klapmusse het glo die huis in Mangweni naby Komatipoort bestorm, waarna die raadslid geskiet, sy vrou aangerand en hulle selfone gesteel is. Hierna het die verdagtes in die slagoffers se Toyota GD-6-bakkie van die toneel gevlug.

Die raadslid is na ‘n hospitaal vervoer en het aan sy beserings beswyk. Die motief vir die moorde is nie vasgestel nie. ‘n Ondersoek om die verdagtes op te spoor, duur voort.

Enigiemand met inligting word versoek om die owerhede te bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief