RAAF stel nuwe enkelsnit op Valentynsdag vry

Lees ook :

RAAF het op Valentynsdag 'n nuwe lied vrygestel. Foto's: RAAF Facebook-blad

SUID-AFRIKA. – Lourens en Esté Raaf, ook bekend as die musiekgroep RAAF, het ’n nuwe enkelsnit, Vir altyd ek en jy, op Valentynsdag vrygestel. Hulle was voorheen as The Bottomless Coffee Band bekend.

Daar is al die dag voor Valentynsdag voorbrand vir die uitreiking van die lied gemaak toe RAAF lirieke op hulle Facebook-blad gedeel het. “Ons het ’n verrassing vir 14 Februarie … luister uit,” het die boodskap gelees.

Vir altyd ek en jy is op ’n verskeidenheid digitale platforms beskikbaar. Kliek hier om na die lied te luister. RAAF het belowe om binnekort die storie agter die lied te deel.

Luister ook hier na die liedjie:

Bronne: RAAF Facebook-blad, YouTube

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief