Brekende Nuus
Afrikaans

Robinson-pas vir verkeer gesluit oor vragmotor brand

Mosselbaai- en Oudtshoorn-brandweerdienste is op die toneel.

Robinson-pas gesluit
Foto: Mosselbaai Brandweerdienste

Die Robinson-pas is vir verkeer gesluit nadat ‘n vragmotor vanoggend Sondag 4 Junie 2023 aan die brand geslaan het.

Die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit het motoriste gemaan om eerder van die Outeniekwa-pas op hul roete gebruik te maak.

Mosselbaai- en Oudtshoorn-brandweerdienste is op die toneel.

Alhoewel die vragmotor wat brand aan Oudtshoorn se kant is, is die pad ook by Sonskyn Vallei aan Mosselbaai se kant gesluit.