Lees ook: Donderstorms vir verskeie provinsies voorspel
TONGAAT, KZN. – ’n Man (28) is in hegtenis geneem deur lede van Reaksie-eenheid SA (Rusa) na hy van ‘n rooftoneel gevlug het.
Die reaksie-eenheid is gister geskakel na die man gesien is waar hy oor verskeie mure vlug. Hy is opgespoor waar hy in ’n buitetoilet geskuil het. Die lede van die reaksie-eenheid het hom in hegtenis geneem en daarna uitgevind hy en ’n medepligtige het glo ’n roof in die Tongaat-sakekern uitgevoer. Hy en sy medepligtige het in verskillende rigtings gevlug terwyl hulle deur die polisie gejaag is.
Die man is aan die Tongaat-SAPD vir verdere ondersoek oorhandig.
Bronne: Facebook





