VRYSTAAT. – Twee rylopers het na bewering gistermiddag omstreeks 13:30 ‘n motoris van Gauteng wat op ‘n staproete op die R34 naby Kutloanong op Odendaalsrus stilgehou het, gekaap, beroof en ontvoer. Die polisie waarsku motoriste en rylopers teen saamrygeleenthede.
Kapt. Stephen Thakeng sê die twee rylopers het glo die motoris vir ‘n geleentheid na Sebokeng genader. Hulle het na wat beweer word ‘n vuurwapen te voorskyn gebring en hom in sy silwer VW Polo ingedwing.
Hy is beveel om tot op Kroonstad ry met die gewapende verdagte op die agtersitplek en die ander een in die passasiersitplek. Daar is hy beveel is om langs die pad stil te hou waar hy vasgebind en in die kattebak ingedwing is. Die verdagtes het toe na wat beweer word met die slagoffer nog in die voertuig ‘n U-draai na Kutloanong gemaak, hom by die begraafplaas uitgehaal, ‘n skoot geskiet en hom daar gelaat terwyl hulle met sy voertuig wegry.
Thakeng sê die verdagtes is vort met die slagoffer se beursie met sy bestuurderslisensie, ID, mediesefondskaart en studentekaart van die Universiteit van Johannesburg, asook sy trouring en voertuig.
Die slagoffer kon daarin slaag om homself los te wikkel en ‘n verbygaande motor te stop wat hom na Odendaalsrus-polisiestasie geneem het. Hy het omstreeks 18:00 klagtes van motorkaping, ontvoering en poging tot moord aangemeld.
“Motorists are sternly warned not to give a lift to anyone to curb these car-jacking, robberies and rape of victims. Even the hikers should not enter into vehicles they do not know,” sê Thakeng.
Bron: SAPD