SA se binnelandse sake nou ook in die VAE, Australië en Nieu-Seeland – meer lande sal volg

Lees ook :

Foto's: Binnelandse Sake

GAUTENG. – Die departement van binnelandse sake het nou ‘n fasiliteit vir paspoortdienste in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) oopgestel. Dit volg ná die suksesvolle bekendstelling van dienssentrums in Australië en Nieu-Seeland. Dié sentrums aan Suid-Afrikaners het ’n nuwe omkeertyd van slegs vyf weke, in plaas van die vorige 12 tot 18 maande.

Dr. Leon Schreiber, die minister van binnelandse sake, het die nuwe dienssentrums in die buiteland aan Suid-Afrikaners bekendgestel. Sentrums is reeds in Sydney, Melbourne, Auckland en Wellington oop. Die sentrums in die VAE vorm deel van ’n groter plan om internasionale dienslewering uit te brei, met verdere sentrums wat later vanjaar in China, Frankryk, Duitsland en Nederland geopen sal word. ’n Uitbreiding na Noord-Amerika word vir die nuwe jaar beplan. Die sentrums bied tans onder meer paspoortaanvrae en -hernuwings, geboorteregistrasies, aanlyn afsprake, SMS-opsporing en e-posondersteuning. Dienste is Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 12:00 en 13:00 tot 17:00 beskikbaar.

Kinders van 16 jaar en ouer (insluitend dié wat in die betrokke jaar 16 word) moet steeds eers ‘n identiteitsdokument bekom voordat hulle vir ‘n paspoort in aanmerking kom en sal nie deur die nuwe sentrums gehelp kan word nie. Suid-Afrikaanse burgers wat in die buiteland gebore is en wie se geboorte nog nie in die nasionale bevolkingsregister geregistreer is nie, moet steeds hul naaste sending besoek.

Volgens die departement word daar ook gewerk aan die opgradering van die eHomeAffairs-platform, wat uiteindelik Smart-ID-dienste sal moontlik maak en papiervorms sal uitskakel. ‘n Aankondiging hieroor sal later volg.

Volgens die departement is dié uitbreiding ’n verdere stap in die rigting van hul visie om Home Affairs @ home aan alle Suid-Afrikaners, waar hulle ook al woon, te lewer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief