SA se geliefde Beandri Booysen sterf

Lees ook :

Foto: Bea Booysen

Beandri Booysen (19) is oorlede. Bea Booysen het ongeveer ‘n uur gelede op sosiale media gesê Beandri se hart het ophou klop en voorbidding gevra, terwyl daar probeer word om haar hart weer aan die gang te kry.

Sy het egter kort gelede die hartseer nuus van Beandri se afsterwe op sosiale media gedeel. Beandri het op 20 November 19 jaar oud geword. Beandri het progerie gehad wat haar oud laat lyk het, al was sy steeds jonk.

Medelye stroom op sosiale media in.

Lees Bea se boodskap hier of hier onder:

Vir Onmiddellike Vrystelling

In Liefdevolle Herinnering aan Beandri Booysen

Dit is met diep hartseer dat ons die afsterwe van Beandri Booysen aankondig, een van Suid-Afrika se mees geliefde en inspirerende jong vroue. Beandri was nie net bekend vir haar sprankelende persoonlikheid en aansteeklike lag nie, maar ook die laaste oorlewende lyer in SA met progerie – ‘n seldsame genetiese toestand wat kinders vroeg laat oud word.

Ten spyte van die uitdagings wat sy moes hanteer, het Beandri hoop en lewensvreugde uitgestraal. Sy was ’n stem en ’n simbool van bewusmaking vir progeria en ander spesiale behoeftes, en het met haar unieke gees duisende mense geïnspireer.

Die Booysen-familie versoek vriendelik privaatheid gedurende hierdie uiters moeilike tyd terwyl hulle die verlies van hul geliefde Beandri verwerk. Verdere besonderhede oor die gedenkdiens sal later bekend gemaak word.

Foto: Bea Booysen

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief