WES-KAAP. – Wessel Gerhardus Prinsloo (49) het glo neerhalende opmerkings teen swart mense in ‘n video gemaak en dit op sosiale media gedeel. Hy het Vrydag in die Kaapstad-landdroshof verskyn. Die saak is vir ‘n borgaansoek en regshulp tot 27 Februarie uitgestel.
Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die insident was op 12 Februarie. Prinsloo word van crimen injuria en kubermisdaad aangekla.
Brig. Novela Potelwa sê die Wes-Kaap se handelsmisdaadeenheid het ‘n klagte oor die video, waarin daar na twee spesifieke politici verwys word, ontvang en dit ondersoek. Die man is Woensdag gearresteer.





