Self Worth Centre, ‘n nie-winsgewende organisasie in Kimberley, sê hy is baie bly oor ‘n voertuig wat die Nasionale Loterykommissie aan hom geskenk het om sy daaglikse take makliker te verrig.
Jeany Cwaile, projekbestuurder van die organisasie, sê dié organisasie is gestig om die gemeenskap te help.
Van die dienste wat hulle verrig, is om persone te help om by hospitale en klinieke uit te kom, diegene in rolstoele of met gebreke te help om geboortesertifikate of ID’s te kry, ondersteuning te bied aan gesinne wat geliefdes verloor het aan Covid-19, diegene in isolasie te gaan besoek en te ondersteun en hulp aan te bied waar nodig.
Self Worth Centre help ook diegene wat nie vervoer het nie om die nodige dokumentasie in die hande te kry.
“Ons het ook begin om kinders met hulle huiswerk te help en ons bied ook sessies aan as deel van ons Social Changed Behaviour-projek.”
“Ons het die Nasionale Loterykommissie (NLK) genader om ons te help om ‘n voertuig te kry om ons take makliker te kan verrig. Ons doen ‘n baie belangrike werk in die gemeenskap. Ons help mense wat moedeloos geraak het om weer moed te skep.”
Nuusflits het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.